Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

C Louis Leipoldt

  • Tuis
  • Biografiese priofiele
  • C Louis Leipoldt
Eugène N Marais
January 23, 2017
Jacobus Johannes Venter
January 23, 2017

Hoewel Leipoldt ’n medikus was, lewer hy sy grootste bydrae vir die land as skrywer. Sy skryfwerk sluit populêr-wetenskaplike geskrifte, joernalistieke werk, vertalings, verskeie bundels poësie sowel as dramas, romans, kortverhale en reisherinneringe in. As digter en dramaturg is hy een van die grootstes wat Afrikaans opgelewer het.

Hy het op Clanwilliam grootgeword en was ’n baie eensame kind wat tuis deur sy pa onderrig is en deur sy ma omgang met ander kinders verbied is. Hy het op ’n baie jong ouderdom geweldig wyd begin lees en kon Engels, Duits, Nederlands, Maleis, Frans, Grieks en Latyn lees. Hy het aanvanklik in Engels geskryf, maar later skryf hy hoofsaaklik in Afrikaans. Leipoldt het geweldig baie in die natuur en veral in plantkunde belanggestel.

Sy eerste beroep was dié van joernalis en hy werk vir ’n groot verskeidenheid koerante. Toe hy later in Londen as joernalis werksaam was, skryf hy in as mediese student en loop ook klasse in Regte. Hy voltooi sy mediese studies in 1907. In Londen verwerf hy verskeie diplomas in kookkuns.

In die volgende paar jaar het hy heelwat in Europa, Amerika en die Ooste gereis en ook verder in ortopedie en kindersiektes studeer. Terselfdertyd het hy sy eerste paar boeke, wat oor mediese onderwerpe en dieetkunde handel, geskryf. Terwyl hy in Londen was, het hy ook sy eerste bundel Afrikaanse gedigte, Oom Gert vertel en ander gedigte (1911) gepubliseer. Dit is as een van die belangrikste digbundels in die vroeë Afrikaanse poësie beskou.

Hy het in 1914 na Suid-Afrika teruggekeer, waar hy as mediese skoolinspekteur in die Transvaal gewerk het en later as kinderarts in die Kaap. Hy het met die jare geweldig produktief gebly as skrywer.

Leipoldt sterf op 12 April 1947 in Kaapstad en sy as is in die bergwêreld van die Pakhuispas naby Clanwilliam weggelê.

Share
1

Related posts

August 20, 2018

Siegfried Mynhardt (1906-1996)


Lees meer
August 16, 2018

Simon van der Stel (1639-1712)


Lees meer
August 16, 2018

Jan van Riebeeck (1618 – 18 Januarie 1677


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou