Bronsplaat: Die Suid-Afrikaanse Nasionale Konvensie, Poskantoor

Die Natalse Setlaarsmuseum (Ou Huismuseum)
January 21, 2019
Ek wil vir jou
January 22, 2019

Op die hoek van West- en Gardinerstraat staan die Durbanse poskantoor. Sy Renaissance-boustyl steek skerp teen die strakke lyne van die hoë moderne betongeboue af, maar sy kolonnade van Griekse suile en sy waardige toring in Romeinse styl maak hom ’n argitektoniese juweel in die midde van hierdie moderne stad. Dit was die eerste stadsaal van Durban en is in 1885 voltooi. In grootte en in grootsheid was dit destyds onoortroffe. In ’n saal aan die linkerkant van hierdie gebou het in September 1908 die eerste vergadering van die Nasionale Konvensie onder voorsitterskap van die Kaapse hoofregter, lord De Villiers, plaasgevind. Hierdie Konvensie wat byeengekom het om ’n ontwerpgrondwet vir ’n verenigde Suid-Afrika op te stel, het bestaan uit afgevaardigdes van die parlemente van die vier selfregerende kolonies en het die voorste staatsmanne van S.A. onder sy geledere – pres. M.T. Steyn, Louis Botha, J.C. Smuts, J.B.M. Hertzog, J.X. Merriman, dr. L.S. Jameson, e.a.

(Bronsplaat 1942)

Die Poskantoor, Durban, waar Nasionale Konvensie in 1908 gehou is

Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, p. 235.