MARTHINUS VAN BART, Redakteur van KultuurKroniek, is ’n joernalis-skrywer oor kultuurgeskiedenis met meer as 40 jaar ervaring van die joernalistiek. Hy was van Januarie 1976 tot einde November 2013 verbonde aan Die Burger in Kaapstad as senior spesialisskrywer en redakteur van erfenissake en het na sy aftrede hom by die FAK as Afrikaanse kultuurskrywer aangesluit.
Sy loopbaan het in 1967 as aanbiedingsassistent by die SAUK begin. Ná sy diensplig in die SA Vloot in 1968, het hy akademiese opleiding ontvang aan die Randse Afrikaanse Universiteit [BA Geesteswetenskappe] en die Universiteit Stellenbosch [BA (Hons.) Filosofie en die Hoër Onderwysdiploma]. Hy is ’n lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Oor die jare is verskeie toekennings aan hom gedoen vir voortreflike bewaringsjoernalistiek, kultuurbevordering en die bewusmaking by die publiek van die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse volksboukuns en die kultuurgeskiedenis van die land se breë kultuurverskeidenheid. Onder die toekennings aan hom is die goue medalje van die Stigting Simon van der Stel, die medalje (van suiwer silwer) van die Stigting VOC, die ere-penning van die Afrikaanse Volkskultuurvereniging en die ATKV, en die Cape Times Centenary Award wat deur die Kaapse Instituut van Argitekte toegeken is.
Marthinus was as joernalis, vakkundige en geldinsamelaar persoonlik betrokke by verskeie historiese bewaringsprojekte, soos die restourasie van die eerste Christelik-nasionale Afrikaanse skool in die land, die Hugenote-Gedenkskool op Kleinbos in Dal Josafat; die oprigting van ’n Anglo-Boereoorlog-monument (Kaapse Rebelle-monument) op Laborie in die Paarl; die herdenking in 2006 van die Slag van Blaauwberg, en die omvattende restourasie van die historiese St. Stephen’s-kerk op Riebeeckplein in Kaapstad. Die gebou was aanvanklik in 1802 die eerste openbare skouburg in Suid-Afrika, African Theatre. Marthinus is trustee van die St. Stephen’s Restourasietrust en neem op rotasie-grondslag ook waar as voorsitter.
Drie nie-fiksie-kultuurboeke het reeds uit sy pen verskyn, naamlik Vir Vryheid en vir Reg, ’n Anglo-Boereoorlog-gedenkboek, Songs of the Veld and Other Poems, Engelse gedigte uit die Anglo-Boereoorlog en Kaap van Slawe – Die Britse slawebedryf van 1562 tot 1910: Met spesiale verwysing na die Kaap die Goeie Hoop vanaf 1680. Hy was ook die redakteur van Die Nasionale Vrouemonument Honderdjarige Herdenking: Verlede – Hede – Toekoms, wat op 16 Desember 2013 by die FAK verskyn het, en was medeskrywer van Die Afrikanerrebellie 1914-1915, wat in 2014 verskyn het. Hy doen tans navorsing oor die diatoniese harmonika as pioniersinstrument van Suid-Afrikaanse volksmusiek – met die oog op ‘n harmonika-en-kitaar-leerboek in Afrikaans vir beginners. Hy is musiekonderwyser in harmonika-en-kitaar vir beginners by die Nobelpark Musieksentrum in Sanlamhof, Bellville.
KONTAKBESONDERHEDE:
E-pos: kultuurkroniek@gmail.com
Telefoon: 072 740 5203

Van Riebeeck se twee heinings en die apartheidsmite
Lees verder

Uitsonderlike kultuurwerk van WH Coetzer gou opgeveil
Lees verder

Van Riebeeck Vereniging skrap sy ikoon op eeufees
Lees verder

Grondonteiening, Monomotapa en die historiese waarheid
Lees verder

Boekbespreking: Apartheid’s Bastard Child
Lees verder

Jan van Riebeeck se plaas Bosheuvel bestaan vandag nog
Lees verder

Eerste internet-gids vir genealoë in Afrikaans en Engels
Lees verder

Gesogte publikasies oor die Anglo-Boereoorlog beskikbaar
Lees verder

Rolprent belaster Jan van Riebeeck én Afrikaners
Lees verder

Lydenburg se Voortrekkerskooltjie in brand beskadig
Lees verder

Apartheid: Die verhaal in vier dele
Lees verder

Vlammesee verswelg ‘bakermat van Afrikaans’
Lees verder

Van Riebeeck’s het Klassieke musiektradisie in SA gevestig
Lees verder

Waar Boer en Boesman se musiek harmonieer
Lees verder

Eugène Marais dramatiseer Koranna-dwaalstorie oor inheemse musiek
Lees verder