Krytafsettings, Mzamba-strand, dist. Bizana

Adam Kok se Laer, Kokstad
September 19, 2019
Heerenlogementgrot, Ou Sinkfort en Tierhok, dist. Vanrhynsdorp
September 19, 2019

$

Die lang kronkelpad van Port St. Johns na Port Edward, net noord van die mond van die Umtamvuna, loop deur Lusikisiki, Flagstaff en Magusheni. Aan die kus net suid van Port Edward tussen die mondings van die Umtamvuna en die Mzamba is uiters belangrike fossiel-afsettings uit die Bo-kryttydperk.

Hierdie afsettings is deur kaptein Garden van die 54ste Regiment ontdek en in 1855 deur W.H. Bailey beskryf. Dit bestaan uit versteende boomstamme en versteende skulpe van ongewerweldes waaronder van die pragtigste ammoniete. In die geskiedenis van die paleontologie is hierdie afsettings van die allergrootste belang omdat dit die eerste Bo-krytfossiele opgelewer het wat beskryf is.

Die streek waarin hierdie afsettings voorkom, is egter nie alleen wetenskaplik merkwaardig nie, maar ook bekend vir sy buitengewone natuurskoon.

(Geproklameer 1950)

Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, p. 173.