Daai ding – Ivan Roux

Naturally – Deca
Februarie 22, 2019
Madelein Rust: Sy lewe deur haar boeke
Februarie 23, 2019

Met die eerste
reeks van VIA TV se werklikheidsprogram Die
kontrak
het die kykers vir die eerste keer kennis gemaak met Ivan Roux, wat
toe al ’n paar jaar lank gesing het, maar sy kans gekry het om ’n indruk in die
musiekbedryf te maak.

Ivan is as
naaswenner aangewys, maar dit het hom nogtans die kans gegee om nie net sy
debuutalbum uit te reik nie maar ook by Afrikaans is Groot te kon optree. Die
titelsnit van die album, “Daai ding”, is reeds ’n radiotreffer en die
musiekvideo is uiters gewild. Dié liedjie, geskryf deur Johan Oberholzer, het ’n
effense “glam rock”-klank en ’n mens kan verstaan hoekom dit ’n treffer geword
het. Johan het ook die volgende snit, “My rede”, geskryf, maar Ivan kon dit
netsowel vir sy vrou geskryf het. “Dis liefde”, nog ’n komposisie van Johan
Oberholzer, is nog ’n moontlike treffer. “Foutief” is ’n pragtige ballade wat ’n
ander kant van hom wys. Dit is die laaste splinternuwe snit op die album;
hopelik sal dit ook radiolugtyd kry. Die res van die album bestaan uit die
liedjies wat hy in Die kontrak gesing
het.

Die eerste
hiervan is ’n uitstekende weergawe van Michael Lindt se treffer “Is jy nie meer
lief vir my?”; dis dalk beter as die oorspronklike weergawe. Ivan se weergawe
van “Engel” sal sekerlik Karen Zoid se goedkeuring wegdra. “Vier seisoene kind”
is een van twee liedjies wat deur Laurika Rauch gewild gemaak is en wat hy
ingesluit het. Eden was die groep wat “54 5de Straat” oorspronklik gesing het,
en dis eintlik snaaks om ’n weergawe deur ’n solokunstenaar te hoor. Ivan se
weergawe is selfs beter as die oorspronklike een. Dis moeilik om te glo dat “Kinders
van die wind” vanjaar veertig jaar oud is. Dit was een van die liedjies wat
Afrikaanse musiek in ’n nuwe rigting ingestuur het en dit is as die grootste
Afrikaanse liedjie tot nog toe aangewys. Natuurlik het ’n spul kunstenaars dit
al opgeneem sedert Laurika Rauch dit gewild gemaak het, maar Ivan se weergawe
is regtig uitstekend. Die laaste snit op die album is die opname van 5 seconds
of summer se treffer “Young blood”, soos dit in Die kontrak voorgekom het. Uit hierdie opname kan ’n mens agterkom
dat hy ook baie goed op die verhoog is.

Ivan is ’n bewys
dat harde werk soms nie net nodig is nie, maar ook die beste manier is om tot die
musiekbedryf toe te tree. Die kontrak
was die hupstoot wat hy nodig gehad het om ’n indruk te maak, en noudat sy
debuutalbum vrygestel is, lyk dit asof daar ’n blink toekoms vir hom voorlê.

The post Daai ding – Ivan Roux appeared first on FAK.

Powered by WPeMatico