Gebakte souskluitjies
BESTANDDELE
Kluitjies
4 x 250 ml koekmeelblom
30 ml bakpoeier
2 ml sout
60 ml botter of margarien
eiers
250 ml melk
kaneelsuiker vir oorstrooi
Stroop
4 liter water
375 ml suiker
4 ml sout
20 ml botter of margarien
10 ml kaneel
METODE
Berei die kluitjies:
- Voorverhit die oond tot 150 ⁰C (300 ⁰F).
- Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
- Vryf die botter of margarien met jou vingerpunte in die meelmengsel.
- Klits die eiers en melk saam. Voeg by die meelmengsel en meng goed om ’n deeg te vorm.
Berei die stroop:
- Verhit al die bestanddele vir die stroop saam en kook 3 minute lank.
- Gooi die kokende stroop in ‘n groot, diep oondbak met ‘n deksel.
- Skep teelepels vol deeg baie netjies in hopies in die kokende stroop.
- Doop elke keer die teelepel in die stroop voordat jy die volgende kluitjie skep.
- Strooi kaneelsuiker oor en plaas die deksel op.
- Bak 1 uur lank in die oond.
Een gelukkige leser kan ’n kopie van die kookboek wen. SMS Kook na 45730. SMS kos R1,50.
The post Tannie Poppie kook weer appeared first on FAK.
Powered by WPeMatico