8 JULIE
July 8, 2015
10 JULIE
July 8, 2015

Gebeure

1737 – Die eerste sendeling arriveer aan die Kaap

Georg Schmidt, pioniersendeling in Suid-Afrika en stigter van die eerste Protestantse sendingpos (Morawiese broeders) in Suidelike Afrika, kom op 9 Julie 1737 in Tafelbaai aan.

1856 – Natal is verklaar tot Britse kroonkolonie

1900 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Olifantsnek, ZAR

1915 – Kol. Von Franke gee oor in Duits-Suidwes-Afrika

Nadat Groot-Brittanje in 1914 oorlog teen Duitsland verklaar het, is die Unie van Suid-Afrika direk by die Eerste Wêreldoorlog betrek. Dit was die Unie-verdedigingsmag se taak om Duits-Suidwes-Afrika aan te val. Vier invalsmagte sou die inval onderneem: ’n suidelike mag onder kol JL van Deventer om Keetmanshoop te beset, ’n sentrale mag onder brig-genl Duncan McKenzie, wat van Lüderitzbucht na Aus en ooswaarts sou trek; ’n oostelike mag onder kol CAL Berrangé, wat van Kuruman na Keetmanshoop sou opruk, en ’n noordelike mag onder bevel van genl Louis Botha, wat van Swakopmund na Windhoek sou beweeg.

Botha en Von Franke

Windhoek vál op 12 Mei 1915, en die Duitse bevelvoerder, lt-kol Von Franke, het na Tsumeb uitgewyk. Nogtans is hy deur knyptangbewegings van die Unie-magte vasgetrek en tot oorgawe gedwing. Op 9 Julie 1915 aanvaar die Duitse goewerneur, dr Seitz, die Unie se kapitulasievoorwaardes op Khorab, naby Otavifontein. Hiermee het die Unie-verdedigingsmag sy eerste militêre veldtog gewen, ’n veldtog wat die Unie R34 miljoen uit die sak gejaag het. Die deelname het in 1914 tot die Rebellie en in 1915 tot ernstige politieke woelinge in die land gelei, want baie Afrikaners het hulle daarteen verset dat daar tot Britse voordeel teen Duitsland opgetree word, veral aangesien in die lig dat Duitsland die Afrikaners steeds goedgesind was.

1991 – Suid-Afrika word tot die Olimpiese beweging hertoegelaat ná 30 jaar in isolasie

 

Geboortes

1747 – Marthinus Adrianus Bergh, leier van die Kaapse burgerlike petisie na Nederland († 21 Oktober 1806)

1890 – Prof. Johannes Cornelis van Rooy, volksman en kultuurleier († 29 Augustus 1954)

Johannes Cornelis van Rooy is op Steynsburg gebore. Hy studeer aan die Teologiese Skool op Potchefstroom en die Vrije Universiteit van Amsterdam. Hy word in 1919 ‘n dosent in die filosofie aan die Universiteit van Potchefstroom en is in 1912 tot hoogleraar bevorder. Hy was ook later dekaan, registrateur, sekretaris van die senaat en raad, en rektor en kanselier van dieselfde universiteit. Prof. Van Rooy was van 1941 tot 1951 voorsitter van die FAK en het in die oorlogsjare aan die stryd om moedertaal-onderwys deelgeneem. Onder sy leiding word die CNO-skool in Pietermaritzburg opgerig en geld ingesamel om die Krugerhuis in Clarens, Switserland, aan te koop en aan die staat oor te dra. Hy is op 29 Augustus 1954 oorlede.

 

Sterftes

Geen

 

Bronne:

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.

Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.

https://www.sahistory.org.za

https://af.wikipedia.org/wiki/