5 AUGUSTUS
August 5, 2015
7 AUGUSTUS
August 7, 2015

Gebeure

1863 – Seegeveg in Tafelbaai tussen die Alabama en die Sea Bride

Op 5 Augustus 1863, die derde jaar van die Amerikaanse Burgeroorlog, het die kruiser Alabama van die Suidelike Konfederasie Tafelbaai vanuit die noordweste binnegevaar. Hierdie orlogskip, onder kaptein R. Semmes, het tot in daardie stadium 55 skepe van die Noordelike Federasie gekelder. ’n Federale bark Sea Bride onder kaptein C White, wat op ’n handelstog was, het toevallig op dieselfde tydstip as die Alabama Tafelbaai uit die suidooste binnegevaar. Nog voor White se bemanning hul penarie besef het, het die Alabama net na die middaguur op die vyandelike bark losgebrand. Elke duim van die Sea Bride se seile is onmiddellik voor die wind geplaas in ’n poging om die neutrale Kaapse gebiedswaters, wat tot ’n seemyl van die kus gestrek het, te bereik. Dit was tevergeefs, want die wind was te min. Die stoomskip Alabama het sonder moeite met netjiese seemansvernuf sy prooi van Tafelbaai afgesny en dit binne sig van ’n groot groep Kapenaars, wat geesdriftig van die hawe se kant af toegekyk het, oorrompel. Na die skouspelagtige buit van sy 56ste slagoffer is die kruiser die Kaapse hawe binne. Daar is sy naam mettertyd verewig in die volksliedjie “Daar kom die Alabama”.

1883 – Stigting van die Republiek Stellaland

As gevolg van inboorlingonrus by die Transvaalse suidwestelike en westelike grens het Paul Kruger, en Rhodes in Kaapland namens Brittanje, bekommerd geraak dat sake sodanig kan vertroebel dat groot ellende kan uitbreek. Die burgers het egter geweier om nie by die stryd betrokke te raak nie omdat bepaalde swart kapteins aan hulle grond beloof het as hulle hulle inmeng. Van Massouw het hulle dan ook inderdaad ’n grondstreek ontvang en onder Gerrit van Niekerk ’n eie republiek, Stellaland, gestig. Rhodes, toe ’n Kaaplandse LWV, sir Hercules Robinson, die Britse hoë kommissaris, en sendeling John Mackenzie was erg ontsteld; veral omdat Kruger spoedig die staat by sy Transvaalse gebied wou inlyf. In Mei 1884 het Mackenzie Stellaland onder Britse gesag verklaar en in Julie op Vryburg, die hoofstad, die Britse gesag verklaar en in Julie op Vryburg, die hoofstad, die Britse vlag gehys. Alle partye het egter sy optrede verwerp, want dit het die onrus gevoel op die spits gedryf. Rhodes het hierdie Betsjoeanalandgebied immers as die Suezkanaal van Britse binnelandse handel beskou, en sou tot elke prys op die ongeskonde Britse gebruik daarvan aandring.

In September 1884 het Rhodes persoonlik die “vrede” in Stellaland bewerkstellig, maar Kruger het weldra kapteins Moshette en Montsjoa onder sy gesag en beskerming geplaas. Britse proteste het oral opgeklink en veral die Imperial League, onder adv. Leonard het beweer dat Brittanje met hierdie daad deur Kruger bedrieg en bedreig is. Sir Charles Warren is aangestel om met ’n Britse leër Kruger se optrede te ontkrag. Kaaplandse politici was hieroor ongelukkig omdat hulle gehoop het om Stellaland en Gosen by die Kaap aangesluit te kry. Dit het Rhodes en Warren teenoor mekaar te staan gebring – en Rhodes het uit protes bedank omdat Warren se oorlogsugtigheid onnodig was, die Afrikaner polities sou vervreem en Kaapland benadeel sou word. Maar Warren en Londen het geglo dat Transvaal en Suidwes, dus Boer en Duitser, geskei moet bly deur Betsjoeanaland veilig onder Britse protektoraatskap te plaas – wat dan ook in 1885 gebeur het. Transvaal is aan sy westekant ingeperk gehou en Rhodes se Britse handelsroete na die noorde is oopgehou. Die hele optrede in Stellaland en Goosen was deel van die omsingelingsplan van Transvaal en die gevolglike ekonomiese wurggreep op Paul Kruger. Na hierdie gebeurtenisse het Britse imperialisme sprongsgewys toegeneem sodat oorlog in 1899 onvermydelik geword het. 

1896 – Die eerste elektriese trems in Kaapstad ingestel

1919 – Landbouweekblad se eerste weeklikse uitgawe verskyn nadat die eerste uitgawe op 21 Mei in Bloemfontein verskyn het

1983 – ’n Bom ontplof voor ’n sinagoge in sentraal-Johannesburg vier uur voor staatspresident Viljoen daar sou wees vir ’n seremonie

 

Geboortes

1855 – Lionel Phillips, Suid-Afrikaanse mynboumagnaat en politikus († 1936)

Sir Lionel Phillips was ’n Suid-Afrikaanse mynmagnaat (“Randheer”), politikus en filantroop.

1876 – Anna Louisa (Annie) Visser, mezzo-sopraan en een van die eerste Afrikaanse sangeresse wat plate van gewilde Afrikaanse liedere gemaak het († 1927)

1878 – Johannes Rudolph Albertyn, Afrikaanse predikant van die NG Kerk († 14 November 1967)

1916 – Adm. Hugo (Hendrik) Bierman, hoof en eerste admiraal van die SA Vloot († 2012)

1918 – Prof. Christoffel Johannes Michael Nienaber, Afrikaanse letterkundige († 1988)

 

Sterftes

1976 – Manie Botha, Suid-Afrikaanse akteur en kameraman (*

 

Bronne:

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.

Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.

https://www.sahistory.org.za

https://af.wikipedia.org/wiki/