Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

29 JULIE

  • Tuis
  • Afrikaanse Kultuuralmanak
  • 29 JULIE
28 JULIE
July 28, 2015
30 JULIE
July 30, 2015

Gebeure

1845 – Ohrigstad aangelê

Ohrigstad is aangelê, vernoem na Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter en die Amsterdamse handelaar, GG Ohrig, wat hom ingespan het om handelsverhoudinge tussen die Trekkers en Nederland te verbeter.

1869 – Verdrag wat die grens tussen Transvaal en Mosambiek vasstel

Na onderhandeling van etlike jare tussen Portugal en die Zuid-Afrikaansche Republliek op 29 Julie 1869 tot stand gekom. In hoofsaak was dit die erkenning van die kant van Transvaal van Delagoabaai as Portugese gebied in ruil vir handelskonsessies van Portugese kant.

1953 – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Trust en Assuransie-Maatskappy Bpk (Santam) is geregistreer

Geboortes

1907 – Maarten Christiaan Roode, eerste musiekprofessor van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en samesteller van die eerste Engelse-Afrikaanse Musiekterminologie van die FAK († 17 Mei 1967)

Sterftes

2000 – Hendrik Jacobus (Kobie) Coetsee, prokureur, politikus en Kabinetsminister (* 19 April 1931)

Kobie Coetzee was ’n prokureur en politikus. Hy was van 7 Oktober 1980 tot 31 Maart 1993 die Minister van Justisie. Van 1 April 1993 tot 11 Mei 1994 het hy as die Minister van Verdediging gedien. Hy het ook as onderhandelaar vir die Nasionale Party tydens die land se oorgang na ’n volledige demokrasie opgetree. Na die verkiesing van 1994 is hy tot president van die senaat verkies. Hoewel die ANC ’n gemaklike meerderheid gehad het, beklee hy hierdie posisie tot in 1997.

2015 – Theunis Theodorus (TT) Cloete, digter en akademikus (* 31 Mei 1924)

TT Cloete was ’n bekroonde digter, Bybelvertaler, letterkundige en akademikus. In die 1970’s was hy by die hersiening van die Afrikaanse Kerkgesange betrokke en later by die 1993-vertaling van die Bybel in  Afrikaans. Cloete was vir lank aan die Potchefstroomse Universiteit se Skool vir Tale en Skryfkuns verbonde. Hy het verskeie pryse vir sy werke ontvang, o.a. die Ingrid Jonker-prys, WA Hofmeyr-prys, Hertzogprys en die Andrew Murray-prys. Cloete skryf aanvanklik onder die skuilnaam T Jansen van Rensburg en publiseer verskeie van sy gedigte in tydskrifte onder die skuilnaam om die water te toets voor hy in 1980 met Angelliera debuteer.

2018 – Petronella (Nellie) du Toit, liriese sopraan (* 17 Desember 1929)

Nellie du Toit was ’n liriese sopraan. Sy is oorlede na sy ’n rukkie lank longontsteking gehad het. Van haar moeder, wat self baie musikaal was, het sy haar eerste onderrig in sang en musiek ontvang. Ná matriek het sy by die Suid-Afrikaanse Musiekkolege in Kaapstad ingeskryf en is verder deur Adelheid Armhold en Gregorio Fiasconaro onderrig.

Bronne:

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.

Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.

https://www.sahistory.org.za

https://af.wikipedia.org/wiki/

Share
0

Related posts

January 10, 2017

27 JULIE


Lees meer
January 10, 2017

25 JULIE


Lees meer
January 10, 2017

26 JULIE


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou