28 DESEMBER
December 28, 2016
30 DESEMBER
December 30, 2016

Gebeure

1811 – Moord op Landdros Stockenström

Die oorsprong van die moordlustigheid en onbetroubaarheid wat swart op blank openbaar, het waarskynlik geen datumverwysing nie aangesien dit maar altyd bestaan het – en altyd sal; wie dit nie glo nie is naïef, onkundig oor die swart-kultuur en oningelig oor die verlede.  Ook die gebeure op hierdie dag in 1811 getuig van die barbaarse gewelddadigheid van die swartman.  Landdros Anders Stockenström was bekend vir sy ooglopende gewildheid as vriend en weldoener onder die swartes. Spesifiek onder die Xhosas het hy bekend gestaan as ’n witman met ’n oop hand. Die Grensoorlog van 1811 was in volle gang toe landdros Stockenström van Graaff-Reinet hierdie dag teen sonsondergang sy posisie aan Bruintjeshoogte met 24 man in ’n suidwaartse rigting verlaat met die doel om samesprekings met kol. Graham te gaan voer. Op Doringnek in die Suurberg het hulle ’n aantal Xhosas van die Imidangestam teëgekom. Stockenström het ongewapend van sy perd geklim en in ’n lang gesprek die Xhosas oorreed om die Kolonie vreedsaam te verlaat. Ongemerk is die groepie witmense omsingel en onverwags aangeval. Stockenström self, agt burgers en ’n bastertolk is gedood, vier is gewond, maar kon tog ontsnap. Onder die vermoordes was Jan Christiaan Greyling, wie se weduwee in 1814 met Piet Retief, die latere Voortrekkerleier, sou trou – om toe nog eens die weduwee van ’n vermoorde Boereleier te word.

1895 – Jameson verlaat Pitsani (Betsjoeanaland) met ’n afdeling soldate om die ZAR. te probeer oorrompel

1900 – Anglo-Boereoorlog: Slag by Helvetia, Tvl.

1909 – Brief van Louis Botha oor Afrikanerbond

Vyf jaar voor hy sy ware kleure as verraaier en liefhebber van Brittanje tydens die rebellie wys, skryf Louis Botha op hierdie dag van sy plaas Rusthof af aan FS Malan in die Kaap dat hy – Botha – baie bly daaroor is dat Malan vir Onze Jan Hofmeyr as leier van die Afrikanerbond opgevolg het. Hy sou verder graag die Bond landwyd as ’n sterk politieke faktor wil sien word. Maar hy het veral gehoop dat die gematigde ondersteuners van die Progressiewe Party met die ander partye soos die Bond, die Orangia-Unie en die Het Volk-party sou saamwerk. As rede voer hy aan dat dit in belang van die Afrikaner is om sy arms wyd oop te maak en sodoende te verseker dat hulle vir goed die regering van die land uitmaak. Daarvoor sou die drie ander partye kan saamsmelt en die gematigdes van die teenpartye by die Afrikaners betrek word. Daar moes egter taktvol te werk gegaan word en hulle moet eerlik en openlik met mekaar wees ten einde die mees versiende politiek te volg. Slaan hulle die bal nou mis, kry hulle dalk nooit weer die kans nie, skryf Botha. Ongelukkig het hierdie man geen kennis gehad oor wat die begrip eerlik en openlik beteken nie – dit het in 1914 duidelik geword toe hy met leuens en bedrog saam met Smuts die getroue Afrikaners en Boervolk genadeloos laat doodskiet en toesluit het.

 

Geboortes

1918 – Dricky Beukes, skrywer († 9 November 1999)

Dricky Beukes was ’n Afrikaanse skrywer van romans, kortverhale en radiovervolgverhale. Sy het meer as honderd Afrikaanse romans geskryf en hope kortverhale en talle Afrikaanse radiovervolgverhale gelewer, waarvan talle maande lank voortgegaan het, veral op die destydse kommersiële radiosender Springbokradio. ’n Frase wat landwyd bekend geword het, was dié inleiding tot die radiovervolgverhaal Die Indringer’n Verhaal wat elke moederhart sal roer.

1929 – Dr. Jan van Elfen, skrywer van mediese boeke o.a. Dokter in die huis († 23 September 2007)

Dr. Jan van Heerden was ’n skrywer van mediese boeke wat onder die naam Jan van Elfen sy boeke gepubliseer het. Sy vrou se naam is Elfabie, Elf genoem en dit is waarop sy skryfnaam gebaseer is. Hy is op die plaas Geluk in die distrik Middelburg, Kaap gebore.

 

Sterftes

1815 – Saartjie Baartman, Khoi-Khoi-vrou wat in Europa as die Hottentot-Venus tentoongestel is (* 1789)

1959 – Leila Reitz, eerste vrou in Suid-Afrika se Volksraad (* 1887)

 

Bronne:

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.

Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.

https://www.sahistory.org.za

https://af.wikipedia.org/wiki/