28 JUNIE
June 22, 2015
29 JUNIE
June 22, 2015

Gebeure

1964 – Etienne Leroux ontvang die Hertzogprys vir Sewe Dae by die Silbersteins

1987 – Die Afrikaanse Protestantse Kerk gestig

Ongeveer 1500 mense kom in Pretoria byeen om die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) te stig.

 

Geboortes

1791 – Josephus Suasso de Lima, ’n negentiende-eeuse Kaapse digter en dramaturg, stigter van die eerste onafhanklike nuusblad en die eerste Nederlandse boekhandelaar in die Kaap († 19 Desember 1858)

Josephus Suasso de Lima is in Amsterdam gebore en oorlede in Kaapstad op 19 September 1858. Hy was oprigter, uitgewer en redakteur van die eerste Hollandse koerant in Suid-Afrika, De Verzamelaar (1826), en het verskeie gedigte en boeke in Hollands geskryf. Die eerste boekwinkel in Suid-Afrika was syne.

1918 – Erns Louis Janse, appèlregter († 24 Mei 2011)

1925 – Dawie Couzyn, sanger en skrywer († 17 Junie 2010)

1927 – Virginia Lee, sangeres van ligte musiek († 6 Januarie 1990)

Virginia Lee is op 27 Junie 1927 gebore en het in 1959 en 1960 groot sukses met onderskeidelik “Tien duisend myl” en “Seeman” behaal. Laasgenoemde liedjie, waarvoor Virginia die Afrikaanse woorde geskryf het, het weer ’n groot treffer geword nadat Gé Korsten dit opgeneem het en sy sukses het daartoe gelei dat selfs die oorspronklike weergawe van Petula Clark opnuut gewild geword het. In 1965 het sy ’n groot jaar beleef toe sy en Slim Whitman nie net saam getoer het nie, maar “Tennessee yodel polka”, een van die treffers op Springbok Radio se eerste Top 20, opgeneem het. In dieselfde jaar het haar album Vaarwel my lief – ek sal jou nooit vergeet nie met die trefferliedjie “Goodbye my love” verskyn. Sy het verdere Top 20-treffers met “Darling it’s wonderful”, “Lonely river”, “Spanish nights and you” en “Wish me a rainbow” gehad.

 

Sterftes

1946 – Franciscus Jacobus Ludovicus (Louis) de Vriendt, akteur (* 2 September 1886)

Franciscus Jacobus Ludovicus (Louis) de Vriendt – gebore in België – was een van ’n paar Nederlandssprekende akteurs wat ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse beroepstoneel gelewer het, van 1927 tot sy dood. Suid-Afrikaanse gehore is veral geïmponeer deur die verskeidenheid rolle wat hy en sy vrou in die sogenaamde transformasiestukke vertolk het. Hul belangrikste opvoerings was Die brandstigterHet kind der zondenDie Wêreldhervormers en die operette Sepp’l.

1956 – Kapt. Jacobus Johannes Naude, Boereverkenner (* 28 Januarie 1876)

Jacobus Johannes Naude, vernuftige spioen vir die Boeremagte in Transvaal, het aan die vooraand van die Britse inname van Pretoria opdrag ontvang om in die stad agter te bly om spioenasiewerk te doen. Vroeg in 1900 is hy as kaptein en bevelvoerder van die speurdiens aangestel, en met ’n dertigtal burgers het hy uiters gevaarlike spioenasietogte na Pretoria onderneem. Vir die duur van die oorlog het hy en sy korps nooit aan groot gevegte deelgeneem nie, maar hulle as guerrilla-vegters onderskei. Hy was deurgaans in Britse offisiersuniform geklee en het die vyand soveel las besorg dat ’n bedrag van £2 000 op sy hoof geplaas is. Hy is op 27 Junie 1956 in Pretoria oorlede. 

 

Bronne:

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.

Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.

https://www.sahistory.org.za

https://af.wikipedia.org/wiki/

http://www.let.leidenuniv.nl/Dutch/ModerneLetterkunde/Suasso1.html