Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

24 JULIE

  • Tuis
  • Afrikaanse Kultuuralmanak
  • 24 JULIE
’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die geskiedenis-kurrikulum met ’n spesifieke verwysing na die vertolking van Afrikanergeskiedenis
July 23, 2015
’n Beroemde vader en sy seun
July 27, 2015

Gebeure

1839 – Nuwe redakteur

Sir Christoffel (Joseph) Brand volg sy broer, PA Brand, as redakteur van De Zuid-Afrikaan op. Hy was ’n prokureur en een van die stigters van die publikasie.

1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Vredefort/Stinkhoutboom, OVS; Klerksdorp; Groot Olifantsrivier, ZAR

1901 – Anglo-Boereoorlog: C Claassen tereggestel

C Claassen is op Somerset-Oos, Oos-Kaap, skuldig bevind aan verraad en tereggestel omdat hy perde vir ’n Boere-invalskommando opgepas het.

1964 – Die Johannesburgse stasiebom ontplof

Tydens spitstyd op Vrydagmiddag 24 Julie 1964 het ’n bom by die Johannesburgse stasie ontplof. Een van die beseerdes, ’n bejaarde vrou, is dae later in die hospitaal dood. Die bomplanter, John Harris, is op die dag van die ontploffing gearresteer, voor die einde van 1964 verhoor, skuldig bevind aan moord en ter dood veroordeel. Sy appèl was onsuksesvol en hy is op 1 April 1965 gehang.

Geboortes

1918 – Dr. Georg Siegfried Johannes (Sieg) Kuschke, Suid-Afrikaanse nyweraar en finansiële deskundige († 27 Julie 1971)

Georg Siegfried Kuschke wat bestem was om een van Suid-Afrika se voorste nyweraars te word, is in Johannesburg gebore. Sy studie in die geologie het hy aan die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria voltooi. In 1943 word hy by die Nywerontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika (NOK) aangestel en in 1959 word hy hoofbestuurder, in 1964 besturende direkteur en in 1970 voorsitter van die raad – ’n dienstermyn waarin hy veel gedoen het om die ontwikkeling en gedeeltelike finansiering van geselekteerde Suid-Afrikaanse nywerhede te bevorder. Hy is op 27 Julie 1971 in Johannesburg oorlede.

Sterftes

1866 – Ds. Andrew Murray, een van die eerste Skotse predikant en sendeling; vader van dr. Andrew Murray (* 26 Mei 1794)

Ds. Andrew Murray was een van die eerste Skotse predikante wat goewerneur lord Charles Somerset na Suid-Afrika laat kom het om enersyds die tekort aan predikante te help verlig maar andersyds veral lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk te help verengels. Hy was ook die vader van vyf seuns wat almal predikant geword het, onder wie dr. Andrew Murray en prof. John Murray, en die stamvader van die Murray-familie onder wie tallose predikante en sendelinge tel.

Bronne:

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.

Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.

https://www.sahistory.org.za

https://af.wikipedia.org/wiki/

Share
0

Related posts

January 10, 2017

27 JULIE


Lees meer
January 10, 2017

25 JULIE


Lees meer
January 10, 2017

26 JULIE


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou