1652 – In houthutte op strand
Die vroue en kinders wat saam met Jan van Riebeeck aangekom het aan boord van die drie skepe, die Reijger, die Goede Hoop en die Drommedaris in Tafelbaai, word van die skepe na houthutte op die strand verskuif.
1822 – Hoeksteen van NG Kerk in Graaff-Reinet gelê
Die hoeksteen van die NG Kerk in Graaff-Reinet, die 6de oudste kerkgebou in SA, word gelê. Dit is nou die Hester Rupert Kunsmuseum.
1889 – Pieter Johannes Hendrik Coetzee, kulturele hervormer na die opstand in 1914 en die Eerste Wêreldoorlog († 15 Mei 1964)
1980 – William Ewert Gladstone (WEG) Louw, digter en letterkundige (* 31 Mei 1913)
WEG Louw is op 31 Mei 1913 op Sutherland, Noord-Kaap, gebore en sterf op 24 April 1980. Sy digbundel, Die Ryke Dwaas (1934), is een van die vroeë bewyse na 1930 van ’n vernuwing in die Afrikaanse poësie. Hy is een van die belangrikste digters in Afrikaans. Sy as is herbegrawe by die Louw-huis in Sutherland.
2012 – Annake de Villiers, Suid-Afrikaanse violis (* 1975)
Bronne:
Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.
Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.