• Jeugdag
     
      http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/jeugdag/

Hier is die webwerf vir elkeen wat in Afrikanergeskiedenis belangstel. Jy kan interessante inligting, nuttige skakels, deelname aan besprekings, inligting vir skoolgeskiedenis en vele meer hier kry.

Kyk langsaan onder die skakels en onderaan hierdie bladsy vir nuwe brokkies inligting. Onthou altyd: Die beste deel van geskiedenis is nie dat dit nuttig is nie, maar dat dit interessant is!

Wat sou jeugdag vir Afrikaners beteken? Vir ‘n bespreking hiervan, kyk gerus na die volgende kort bespreking:  Jeugdag

Dr HF Verwoerd is ‘n omstrede figuur in Afrikaners se geskiedenis. Vir ‘n interpretasie van hom en die tyd waarin hy geleef het, kyk na die HF Verwoerd gedenklesing, soos in 2011 gelewer deur Wynand Boshoff: HF Verwoerd Gedenklesing 2011 – WJ Boshoff

Armoede en die verligting daarvan is hoog op die internasionale agenda, maar veral in Suid-Afrika met die groot kloof tussen ryk en arm. Prof Grietjie Verhoef, bekende ekonomiese geskiedkundige aan die Universiteit van Johannesburg, gee ‘n perspektief daarop wat van die Klassieke Beskawings tot in Suid-Afrika loop. Lees dit gerus vir ‘n beter begrip: Uit Innerlike Krag of Skuldvereffening? ‘n Historiese ondersoek na die verskillende strategieë om armoede en agtergeblewenheid te oorkom. Grietjie Verhoef Universiteit van Johannesburg

Geloftedag bly een van die hoogtepunte op die Afrikaner se kalender. Wynand Boshoff se toespraak by die De Kuile Geloftefees op Ghaap se Berg (naby Reivilo) bekyk Bloedrivier binne konteks en probeer ‘n boodskap vir vandag daaruit te haal. Geloftefees De Kuyle 2011